Die enigste manier om Groot Constantia te “voel” is om dit te ervaar – daar is ‘n ryke geskiedenis, ‘n pragtige ligging, vriendelike mense, herinneringe wat gemaak moet word, pret wat wag en, natuurlik, wyn wat waardeer en geniet moet word.

Groot Constantia is Suid-Afrika se oudste wynplaas – ‘n verbysterende 328 jaar oud vanjaar.  Wyn is sedert 1685 ononderbroke op die landgoed geproduseer en Groot Constantia bottels, bottelskerwe en seëls gedateer sover terug as 1774 is al in die verste uithoeke van die wêreld in soms ongewone omstandighede gevind.

Skattejagters en argeoloeë kom op Groot Constantia bottels af

In die 1940’s was ‘n bottel gevind deur ‘n duiker op die bodem van die oseaan om die groep eilande buite Stockholm; drie bottels gedateer 1760 – 1840 was ontdek in die kelder van ‘n kasteel in België; ‘n stuk van ‘n bottel met die Constantia bottel seël was ontdek op ‘n strand in Delawarebaai en deur historikuste uitgewys as deel van die vrag van die Severn – ‘n skip wat daar op die rotse geloop het in 1774; nog ‘n baie rowwe voorbeeld van die Constantia seël – skynbaar veel ouer as enige ander – was gevind na opgrawings in Meiningen, Duitsland.

Die Nasie se landgoed

Die land waarop Groot Constantia staan was oorspronlik aan kommandeur Simon van der Stel van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) gegun op 13 Julie 1685.  Natuurlik is die landgoed al vele keer van die hand gesit oor die jare heen en is dit vandag ‘n Nasionale Monument toevertrou  met die eerbare taak om die Suid-Afrikaanse wynbedryf se geskiedenis en kulturele nalatenis te preserveer vir die mense van Suid-Afrika.

Die huidige eienaars van die landgoed – ‘n nie-winsgewende organisasie die Groot Constantia Trust – het seker gemaak Groot Constantia word op die hoogste standaard moontlik bestuur en onderhou op so ‘n manier om slegs die beste te lewer vir enigeiemand wat dit besoek.

Wat jou etiket van jou sê – ‘n nuwe wynetiket sien die lig

Om Groot Constantia se ryk geskiedenis as die oorsprong van Suid-Afrika se wynbedryf te vier, het die landgoed besluit om nuwe lewe in ‘n historiese etiket te blaas en pryk ‘n skets van die Herehuis nou baie prominent op die huidige Goewerneurs reeks van wyne.

“Wat Groot Constantia onderskei van alle ander in die industrie is dat ons die oudste in die land is en het ons dus besluit om een van ons oudste etikette ons ‘nuwe’ etiket te maak,” sê Groot Constantia wynmaker, Boela Gerber.  “Hierdie baie spesiale etiket vereer nie net die landgoed se geskiedenis nie maar plaas ook die Reserwe reeks wyne in ‘n klas van hul eie.”

Groot Constantia bied soveel meer

“Die landgoed spog met twee top restaurante, Jonkershuis en Simon’s, waar besoekers iets kan eet na hulle die pragtige Herehuis, Iziko Museum en alles daar rondom verken het,” verduidelik Jean Naudé, algemene bestuurder van Groot Constantia.

“Besoekers kan ook ‘n keldertoer geniet en vir diegene wat iets meer rustig verkies is daar reuse eikebome waaronder ontspan kan word.”

En natuurlik is daar wynproe!

Een van Groot Constantia se proekamers was onlangs opgegradeer en die nuwe, verfrissende spasie reflekteer hoe die landgoed moeiteloos oud met nuut kombineer.  Besoekers kan rustig in hierdie vars, moderne en ligte kamer proe aan Groot Constantia wyne gemaak op die tradisionele manier – met aandag aan detail, tot spesifikasie, met slegs die suiwerste bestanddele met die hand ge-oes en verpak in bottels met die geskiedkundige Groot Constantia etiket.

By die onlangse Top 100 SA Wyne 2013 toekennings gehou op 11 April was vier van Groot Constantia se wyne met Top 100 status vereer.  Die wyne sluit in: Chardonnay 2012, Grand Constance 2010, Shiraz 2010 en Gouverneurs Reserve Red 2010.

“As mens in ag neem met hoeveel inskrywings toeneem – inskryf syfers het met 15% toegeneem sedert laasjaar – en hoeveel moeiliker dit dus raak om ‘n Top 100 wenner te behaal is ons uiters trots om vier wyne in die Top 100 lys te hê vanjaar,” sê Groot Constantia wynmaker, Boela Gerber.

Groot Constantia is die enigste wynlandgoed wat lid is van Kaapstad se Groot Ses toeristebestemmings (die ander sluit in Tafelberg, die V&A Waterfront, Robbeneiland, Kirstenbosch en Kaappunt) en na ‘n besoek aan hierdie Nasionale Monument is dit maklik om te sien hoekom.

Groot Constantia bied deurentyd spesiale aanbiedings aan kinders en pensionarisse en enigeiemand wat arriveer by die landgoed op ‘n rooi, dubbeldekker City Sightseeing Wyntoer bus – ‘n gratis ekstensie van die Blue Mini Peninsula toer – kwalifiseer outomaties vir R5 afslag op alle toere en wynproe sessies.

Kom geniet die Groot Constantia ervaring en vertel jou vriende en Twitter volgers van dit.  #FeelGrootConstantia @GrootConstantia. Vir meer inligting besoek www.grootconstantia.co.za

Einde

Uitgereik deur FusionDesign Integrated Brand Agency namens Groot Constantia

Kontak: 021 551 1022

Email: carmen@fusiondesign.co.za