Groot Constantia se 2013 Chardonnay het ‘n eerste trofee ingepalm by die onlangse Taj Klassieke Wyntrofee toekenningsgehou by die Taj Hotel in Kaapstad van 3 tot 7 Maart 2014.  Hierdie opwindende wyn, so jonk dit moet nog naam kry, hou baie belofte in na ‘n uiters sukses volle bekendstelling aan die wêreld se wynkenners.

Groot Constantia se 2011 Gouverneurs Reserve Red het ook ‘n Bacchus Trofee ontvang by dieselfde 2014 Taj Klassieke Wyn trofee toekennings.

Die wen wyne was aangewys deur ‘n ervare paneel van Franse beoordelaars wat elegansie, balans, finesse, verouderings potensiaal en omgewings invloede erken en beloon het.  Die paneel, onderleiding van Olivier Poels, redakteur en besturende vennoot van  La Revue du Vin de France, het bestaan uit: Olivier Poussier, die beste sommelier ter wêreld wenner, wynkonsultant, skrywer en groep sommelier van Lenôtre; Claude Gilois, ‘n bekende Franse wyn skrywer, konsultant en wynblogger; Philippe Dietrich, wynmaker en direkteur van Michael Petzold Wine Services; Christophe Durand, Taj Klassieke Wyn trofee organiseerder en eienaar van Dorrance Wines;  Jean-Yves Muller, mede-eienaar van Sotano and Petit Caveau restaurante; en Germain Lehodey, sommelier by Mosaic restaurant.

Wyne was beoordeel deur drie beoordelaars, wat blind getoets het oor drie rondes, om ‘n kortlys op te stel wat toe weer blind getoets was deur al die beoordelaars in die Grand Finale. 

Voor die resultate bekend gemaak was, het  ‘n paneel Suid-Afrikaanse beoordelaars ses Bacchus Trofee wenners gekies wat die beste algehele waarde bied.  Die bekroonde wyne, wat Groot Constantia se 2013 Chardonnay insluit, sal vertoon word in GQ South Africa en bedien word in die Taj Hotel Kaapstad gedurende Julie 2014.

Groot Constantia se wyne hou aan presteer met die 2013 Chardonnay, 2011 Gouverneurs Reserve Red, 2012 Chardonnay, die 2010 Grand Constance, die 2010 Gouverneurs Reserve Red, die 2012 Sauvignon Blanc en die 2010 Shiraz wat altesame 13 goue toekennings ontvang het sedert Oktober 2012.

“Dis te danke aan ons dinamiese span wat soveel tyd en energie in die wingerde spandeer dat ons hierdie toekennings ons eie kon maak.  Ongeveer ses jaar gelede het ons ‘n nuwe rigting in ons wingerde in geslaan en die verbetering in kwaliteit was ongelooflik,” se Boela Gerber, Groot Constantia se wynmaker.  “Dis baie opwindend om te sien hoe ons harde werk en nuwe benaderings vrugte afwerp en ons verwag selfs nog groter dinge van ons wyne in die toekoms.”

Vir meer inligting epos www.grootconstantia.co.za

Einde

Uitgereik deur Fusion Design Integrated Brand Agency namens Groot Constantia

Kontak: 021 551 1022
Epos:
  carmen@fusiondesign.co.za