In ‘n opwindende eerste vir die Suid-Afrikaanse wyn industrie is Groot Constantia, die oudste wynlandgoed in die land, uitgenooi na ‘n jubelfees by die Stift Klosterneuburg Wynlandgoed in Oostenryk.

Die fees, wat sal plaas vind op 30 Augustus, vier die 900ste verjaarsdag van Stift Klosterneuburg – die oudste wynlandgoed in Oostenryk. Alle ander uitgenooides sal ook kom van die wêreld se oudste en mees roem ryke wyn landgoedere om hul wyne te verteenwoordig by die byeenkoms – die enigste van sy soort.

Groot Constantia se fassinerende geskiedenis

Groot Constantia is Suid-Afrika se oudste wynlandgoed – ‘n verbysterende 329 jaar oud vanjaar. Wyn is sedert 1685 ononderbroke op die landgoed geproduseer en Groot Constantia bottels, bottelskerwe en seëls gedateer sover terug as 1774 is al in die verste uithoeke van die wêreld in soms ongewone omstandighede gevind:

In die 1940’s was ‘n bottel gevind deur ‘n duiker op die bodem van die oseaan om die groep eilande buite Stockholm; drie bottels gedateer 1760 – 1840 was ontdek in die kelder van ‘n kasteel in België; ‘n stuk van ‘n bottel met die Constantia bottel seël was ontdek op ‘n strand in Delaware baai en deur historikuste uitgewys as deel van die vrag van die Severn – ‘n skip wat daar op die rotse geloop het in 1774; nog ‘n baie rowwe voorbeeld van die Constantia seël – skynbaar veel ouer as enige ander – was gevind na opgrawings in Meiningen, Duitsland.

Gedurende die 18de eeu het wyne geproduseer in Groot Constantia se kelder internasionale roem behaal vir superieure kwaliteit en bekend gestaan as “Constantia wyn” die wêreld oor. Constantia wyn het  uitsonderlike hoeë pryse by belangrike veilings in ‘n verskeidenheid Europese stede behaal met keisers en konings, van Frederick die Grote van Pruise tot Koning van die Franse Louis Philippe wat tou gestaan het vir hul deel.

Charles Dickens het dit gevier in Edwin Drood, Jane Austen se karakter het dit aanbeveel as kuur vir ‘n gebroke hart aan die heldin Marianne Dashwood in Sense and Sensibility en Charles Baudelaire het Constantia wyn vergelyk met sy minnares se lippe in sy bekendste gedig versameling, Les Fleurs du Mal. Voor sy dood in 1821 het Napoleon nie minder nie as 30 bottels wyn, geproduseer in Groot Constantia se kelders, maandeliks na St Helena laat verskeep om sy ballingskap te verlig.

Die land waarop Groot Constantia staan was oorspronlik aan kommandeur Simon van der Stel van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) gegun op 13 Julie 1685. Natuurlik is die landgoed al vele keer van die hand gesit oor die jare heen en is dit vandag ‘n Nasionale Monument toevertrou met die eerbare taak om die Suid-Afrikaanse wynbedryf se geskiedenis en kulturele nalatenis te preserveer vir die mense van Suid-Afrika.

Die huidige eienaars van die landgoed – ‘n nie-winsgewende organisasie die Groot Constantia Trust – het seker gemaak Groot Constantia word op die hoogste standaard moontlik bestuur en onderhou op so ‘n manier om slegs die beste te lewer vir enigeiemand wat dit besoek.

329 jaar later produseer die kelders van Groot Constantia steeds merkwaardige, eksklusiewe en gesogte wyne wat 67 goue medaljes sedert 2003 ingepalm het.

Groot Constantia by die sametrek van die wêreld se oudste wynplase

Dr Ernest Messina, Voorsitter van die Raad van die Groot Constantia Trust, Jean Naudé, die Hoof Uitvoerende Beampte en Boela Gerber, bekroonde wynmaker van Groot Constantia sal almal die geleentheid by die Stift Klosterneuburg Wynlandgoed in Oostenryk bywoon.

Die feesprogram begin met ‘n wynproe Meestersklas van al die wyne van deelnemende lande deur professionele sommeliers, joernaliste en gastronome. Dit sal gevolg word deur ‘n publieke wynproe-sessie in die unieke atmosfeer van die Stift Klosterneuburg klooster. Gedurende die aand sal gaste ‘n gala-ete in die klooster se marmersaal bywoon waartydens wyn van elke deelnemende land saam met elke maaltyds gang bedien sal word.

“Dit is ‘n eer om die gastelys van hierdie opwindende en unieke geleentheid te haal,” sê Jean Naudé, Groot Constantia se Hoof Uitvoerende Beampte. “Ons sien daarna uit om dit by te woon asook Suid-Afrika en Groot Constantia te verteenwoordig. Ons het geen twyfel dat ons wyne uitsonderlik goed sal presteer nie – die kwaliteit van Groot Constantia wyne is keer op keer bewys deur die toekennings behaal by ‘n wye verskeidenheid seremonies.”

Ends

Uitgereik deur Fusion Design Integrated Brand Agency namens Groot Constantia

Kontak: 021 551 1022
Epos: carmen@fusiondesign.co.za