Mediavrystelling: Wingerdboukundige met gesogte 1659-erepenning vereer
Die wingerdboukundige prof Piet Goussard is op 7 Februarie 2019 met die ikoniese 1659-erepenning vereer by die jaarlikse Wynoesherdenkingsgeleentheid op die geskiedkundige Groot Constantia-landgoed.