Groot Constantia se splinternuwe Chardonnay wen Goud by die Taj Klassieke Wyntrofee
Groot Constantia se 2013 Chardonnay het 'n eerste trofee ingepalm by die onlangse Taj Klassieke Wyntrofee toekennings gehou by die Taj Hotel in Kaapstad van 3 tot 7 Maart 2014. Hierdie opwindende wyn, so jonk dit moet nog naam kry, hou baie belofte in na 'n uiters sukses volle bekendstelling aan die wêreld se wynkenners.